“ek bring jou groen blomme in my 4x4…”

Daar was meer as 40 live kunstefees-opvoerings van anton en vrinne en ook die live cd en dvd opnames. Ten tye van die finale meng van die dubbel live cd en dvd, het ek reeds aan Peter Pearlson genoem dat dit ‘n lekker uitdaging sal wees om van die nuwe talent, in ‘n goeie klankateljee, op cd op te neem en die Bushrockband te gebruik sodat daar ‘n gelyklopende klank-eenheid in die cd sal wees. Klanksgewys wou ons die groen blomme ‘n kans gee om onder die beste ateljee-omstandighede moontlik opgeneem te word. Die Groen blomme-projek is die samesmelting van die begrippe “Oh very young” (Cat Stevens) en “Forever young” (Bob Dylan), met die hulp van ‘n 4x4.

 
 

Dit was voor die hand-liggend om Dylan se Forever young te gebruik as ‘n soort van “We are the world”.

Ek wou die song al lankal opneem. Ek en my band het ons set by die tweede Afrikaanse Liedjie-fees by die amfi-teater in Roodepoort afgesluit met Forever young.

Daar was kritiek hieroor.