Die studio & produksie

Dis nodeloos om te sê dat die studio ‘n rookvrye sone is. Selfs dit kan oorkom word… Dit was ‘n eerste vir my. Ons het in die stad opgeneem. Die voordeel is dat die stad Mr Delivery service het. Selfs prawns word afgelewer. In die diep na-nag is daar altyd die shell garage vir ‘n bar one. Dis verbasend hoeveel energie daar in ’n bar one is vir as jy moet huistoe ry. Dis stil dan en ‘n halfuur plaastoe. Die teenoorgestelde omgewings is ook goed vir die projek - thinking on your feet.

Peter het die album vier keer gemix. Na al die jare vind ek steeds dat afstand en tyd

 
 

tussen opnames en meng noodsaaklik is. ‘n Mens het nodig om die opgewondenheid van die studio hype eers te laat lê en dan nugterder die taak aan te pak. Met hierdie album het ek peter alleen gelaat met die meng. Ons het wel telefonies dinge bespreek en natuurlik na elke stel meng geluister om die regte besluite te maak en dan die mixes op verskillende hi fi - stelle geluister.

terug