Anton Goosen is iemand wat nog altyd besig was met rootsmusiek. Vir hom is dit nie iets nuuts nie. Hy het reg van sy eerste plaat af verskillende style uit die beddings van Suid-Afrikaanse musiek geneem en dit oorgeplant om nuwe musikale rangskikkings te maak. Sommige mense verwys na "cross-over". 'n Mens kon nog altyd hoor Anton Goosen kom van Suid-Afrika.

- Roof Bezuidenhoudt (litnet)

 
 

Goosen het duidelik nie sy slag met woorde verloor nie en dit wil voorkom asof sy lirieke net sterker en dieper raak, veral as jy luister na die refrein van Groen blomme

- Marelize scheepers (beeld)

Daar is egter niks groen aan hierdie nuwe album van Goosen en kie nie.
Daar is eerder 'n veelkleurigheid wat wissel van ysblou rustigheid tot passievolle rooi, aardse bruin en ­intense kleure eie aan Afrika. Woorde en musiek is in elke snit ewe kleurvol.

-marlene malan (die burger)