Hy is bekend daarvoor dat hy ink in woorde kan omtower - dat hy gewone note in die mooiste musiek kan verander.
Hy kampeer tussen die maan en die sterre. En hy plant sy grensdrade elke keer ‘n bietjie verder. Ja, hy staan nie verniet bekend as ons eie Liedjieboer nie – hy én sy musiek is volksbesit – Anton Goosen.

 
 

 

En dié wat Anton en sy musiek ken, weet dat wanneer hy die slag sy hand aan ‘n nuwe CD waag, jy ‘n produk gaan kry wat die volk gaan laat praat (én laat luister). Dié dat almal wat weet van sy Groen Blomme-projek, rasend opgewonde daaroor is.

Oor die inseminasie/geboorte/ ontstaan van dié CD:

"Daar was meer as 40 live opvoerings van die Anton en Vrinne show en tydens die finale meng van die dubbel-live-CD en DVD, het ek reeds die gedagte begin kry om van die nuwe talent in die land in ‘n goeie klankateljee op CD op te neem. Dit was ‘n heerlike uitdaging.

nog